Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Studierigting: Openbare Sake

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 15 Januarie 2019

 

 

Andries Ackerman van Goodwood Armed Patrol het die lede kom toespreek oor persoonlike veiligheid.  Ons is almal in ‘n gemaksone en daarom is bewusmaking baie belangrik.  Hy waarsku dat ons nie met duur juweliersware aan ons in die strate moet beweeg nie.  Jy is ook nie eintlik veilig met jou handsak nie.  Hy beveel aan dat, wanneer jy tuiskom, jy eers met jou motor verby jou huis ry om sodoende enigiets verdag op te merk.  Die beste is om in trurat in jou oprit in te ry.  Wees versigtig vir mense wat aan jou deur kom klop en een of ander “diens” wil lewer.  Hy vertel van die LPR-kameras wat deesdae geinstalleer word om voertuie wat by misdrywe betrokke was, se registrasienommer te neem.  Wanneer jy vir ‘n paar dae weggaan, moet jy reëlings tref dat jou pos gereeld uit die posbus gehaal word en dat verskeie ligte verskillende tye by jou huis brand.

 

Ons Voorsitter bespreek die tema van die jaar ,nl. “Laat ‘n Voetspoor”. Dit kan ‘n positiewe of negatiewe of geen spoor wees.  Dit is die afdruk wat ons op ander mense laat.  Moenie ‘n wrok met jou saamdra nie – maak vrede.  Jou spore is blywend.  Maak ‘n verskil in ander se lewens.  Ons het ook ‘n verpligting teenoor ons omgewing – besin ernstig daaroor.

 

Ons tak het heelwat nuwe lede gewerf en ons het ‘n heerlike “kenmekaar”-geleentheid gehad waarna ons lekker saamgekuier het.

 

Wenda Preuss (Voorsitter) en Andries Ackerman (spreker).