Sirkel: Kimberley en Distrik
Tak: Warrenton
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Suria van der Merwe
Datum: 23 November 2018
Die Warrenton VLV-tak het op 23 November 2018 hul jaarafsluiting gehou met ‘n heerlike dinkskrum-vir-2019, kersbraai en saamkuier.
By hierdie geleentheid is ook hul puntewenners van 2019 aangewys. Die volgende dames het met die louere weggestap (foto 1): v.l.n.r. Sannie Oosthuizen is die algehele puntewenner; Hester Wessels was tweede en Doreen Pitchers in die derde plek. Sannie Oosthuizen het ook die 3de plek in die hekel afdeling op die Kongres verower en met die Babs Van Rensburg trofee weggestap.
Benantha Marais (regs op foto 2) is ook vereer vir 59-jaar getroue diens in die VLV. Hier ontvang sy ‘n handdruk van Martie Flemming, tak-voorsitter.
Sannie Oosthuizen, algehele pryswenner, Hester Wessels 2de plek, Doreen Pitchers 3de plek
Benantha Marais (regs) word deur takvoorsitter, Martie Flemming, gelukgewens met 59-jaar getroue diens.
Leave A Comment