Sirkel:  Worcester

Tak: Maria Stofberg

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Datum:  2 Augustus 2018

Verslaggewer:  Alta Britz

 

Julian Kritzinger, Burgermeesterskomiteelid vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling, toerisme, kuns en kultuur van Breedevallei Munisipaliteit, het die dames toegespreek oor die geskiedenis en toekoms van Kleinplasie Opelugmuseum.

 

In 1731 kry Pieter du Toit  weidingsreg op Roodewal, geleë aan die Breederivier ‘n hoofopstal in die eg Kaaps-Hollandse boustyl met drie gewels, ‘n jonkmanshuis met ‘n tipiese Worcestergewel en ‘n slawehuis word gebou. Die wynkelder het ook nog ongeskonde behoue gebly. In Februarie 1820 vind die veiling van die eerste erwe op Worcester, vanaf  Roodewal se stoep, plaas. Roodewal se hoofopstal het as Drostdy gedien totdat dit in 1829 die pastorie van die NG Moedergemeente word. Later  word  dit die woning van die eerste dokter van Worcester. Daarna word dit ‘n Italiaanse Oorlogsgevange-kamp en na verskeie eienaars word Kleinplasie, soos Roodewal later bekend sou staan, se beheer in 2015 aan Breedevallei Munisipaliteit teruggegee.

 

Die toekoms van Kleinplasie? Die wens is om met die restourasie van die museum en uitbreiding van die ou spoorwegaanleg en -werkswinkel ‘n toeristemekka vir Worcester te skep.

 

Lydia Wilken vertel meer van die aktiwiteite wat alreeds op Kleinplasie plaasvind. Kleinplasie Bistro is gehuisves in die oudste Drostdy in Worcester.  Die Plaasstal wat deel van die Bistro is, verkoop top-gehalte produkte wat in hul eie produksiekombuis vervaardig word. Kleinplasie Kontreimark word elke laaste naweek van die maand aangebied. Kleinplasie se koffiewinkel, Die Soethoekie, bedien egte vars koffie en het ‘n wye tee seleksie.  Soethoekie het ook ‘n speelpark en troetelplasie waar kinders die geleentheid kry om in aanraking met plaasdiere te kom. www.kleinplasie.org.za

 

Die lede het fluks  aan die kompetisies deelgeneem.  Marian Ward was die wenner van die maand wisseltrofee.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ursula Strydom, dr Julian Kritzinger, Hettie Stander  (waarnemende voorsitter), en Daphne Auret.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Bettie Swanepoel en Gerda van der Vyver is besig met die beoordeling van die kompetisies.