Sirkel: Weskus
Tak: Langebaan
Studierigting: Gesondheid
Berriggewer: Cynthia Huysamen
Datum: 6 Junie 2018
Die dames van GESONDHEID se kleredrag en aanbieding het herinner aan die destydse Springbokradio program “Hospitaaltyd”, want daar was ‘n lied en ‘n glimlag (onthou?) toe hulle vir die verjaarsdagdames gesing het in Engels, Afrikaans & Xhosa en ná afloop van die vergadering, die heerlikste sop en vetkoeke bedien het.
David Millar van Atlantic Medical Response het ons kom vertel van hul ambulansdienste aangesien dit ‘n behoefte is in die Weskus, skakel hul kantoor gerus vir meer besonderhede by 022 7722377.
Carel Pieterse van Gerimed Mobility 022 772 1273 het ‘n uitstalling op die verhoog gehad van al die produkte wat deur hul verskaf word en ons het ook pamflette van Gerimed tehuis vir bejaardes ontvang.
Ons het soos gewoonlik ‘n pragtige en lekker marktafel gehad, ‘n lootjie wat gewen is en soos altyd, lekker gekuier.
Baie dankie Louna, Trish en die dames van GESONDHEID vir alles.
Louna Niehaus saam met David Muller
Die uitstalling van Gerimed Mobility
Die Gesondheid groep sing vir al die verjaardag dames
David Muller spreek ons dames toe
Leave A Comment