Sirkel: Worcester
Tak: Maria Stofberg
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Alta Britz
Datum:14 Junie 2018
Marletha Shultze van Paw Patrol vertel wat hul organisasie vir die gemeenskap doen. Hul verbeter
die omstandighede en beplan vir die toekoms van troeteldiere in die gemeenskap. Hul doen dit
deur:
Sterilisasie en kastrasies van honde en katte uit armer woongebiede te befonds.
Veeartsbehandeling waar diere siek of beseer is, te voorsien;
Indien skenkings dit toelaat, word kos, waterbakke, komberse en bosluisbeheermiddels voorsien:
Die opvoeding van troeteldiereienaars – jonk en oud, deur praatjies by skole aan te bied.
Marletha Shultze, Gwen Engelbrecht, sameroeper van Openbare Sake en Hettie Stander, waarnemende Voorsitter
Candice Sinclair en Anel le Roux van die Westelike Provinsie Bloeddiens vertel wat hul vir die
gemeenskap doen:
Rooibloedselle word aan pasiënte wat anemies is, gegee;
Bloedplasma word aan pasiënte met bloeisiekte gegee;
Bloedplaatjies word aangewend om diegene met lae bloedplaatjie-tellings soos pasiënte met
leukemie, kanker, of diegene wat wag op ‘n orgaanoorplanting, te onderskraag.
Candice Sinclair en Anel le Roux, Gwen Engelbrecht en dames van die VGK Vrouediens
Lede handig musse, handskoene en serpe in wat in die gemeenskap uitgedeel gaan word.
Brewelskloofhospitaal: 40 musse; De la Bat Skool vir Dowes se Kleuterskool: 27 serpe en 10 kopbande; Kubbutz se kleuterskool – 80 musse en Smart Start speelgroep – 25 musse en 12 serpe
Alta Britz demonstreer hoe om ‘n pragtige muurbehangsel van ‘n eenvoudige rubber deurmatjie te maak, deur dit slegs met kunsverf te verf.
Alta Britz
Sewentien dames van die VGK Oos Gemeente woon die vergadering by.
Hettie Stander oorhandig die maand wisseltrofee aan Gerda van der Vyver
Leave A Comment