Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 20 Maart 2018

 

Dr. Dale Cilliers het die lede oor artritis kom toespreek.  Hy was voorheen die hoof van die trauma-eenheid by Panorama MediClinic en is tans deel van ‘n groep wat met die rehabilitasie van pasiënte help.

 

Hy wys daarop dat artritis nie ‘n eenvoudige diagnose is om te maak nie.  Dit is veiliger om ‘n rumatoloog, wat 12 jaar se studies agter die rug het, te raadpleeg.  Artritis is inflammasie in die gewrigte. Die gewrigte is gewoonlik warm, pynlik, geswel en rooi.  Wanneer die gewrigte “been aan been skuur” a.g.v. “wear & tear”, is dit
osteo-artritis.  Gout in die knieë, hande en elmboë word gewoonlik deur rooiwyn en vetterige kos aangewakker.  Bloeddrukpille is ook geneig om gout te veroorsaak en dis algemeen onder kankerpasiënte. Sistemiese siektes wat gewrigspyne aanwakker is o.a  griep, blaasinfeksie en lupus.

 

Daar word vermoed dat rumatoide artritis deur ‘n outo-imuunsiekte aan die gang gesit word en ‘n rumatoloog moet dit beheer.  Hy beklemtoon die belangrikheid van die gebruik van anti-inflammatoriese middels.

 


 

 

 

 

 

 

Dr. Dale Cilliers en Charlotte Huysamer (sameroeper).  Dr. Cilliers het die lede ook met sy kitaarspel en mooi sang kom vermaak – een van die redes waarom hy so gewild onder die dames is!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Maryna Brits het die teetafel met die allermooiste rangskikkings gedek.

 

 

 

Goodwood het weer tydens die afgelope Sirkelkonferensie gepresteer. Ons het met groot trots die trofeë vir die 2de meeste punte, ledewerwing en die Presidentstrofee vir takprestasie ontvang.  Karin Marais het die Landboutrofee en Wenda Preuss die Kookkunstrofee ontvang.

 

Wenda Preuss (voors.) met die Presidentstrofee vir takprestasie.

 

 

Feesia Marais (3de plek vir hekel); Karin Marais (1ste plek vir landbou); Magdeleen Joubert (2de plek vir borduur); Danela Smit (3de plek vir borduur) en Wenda Preuss (1ste plek vir kookkuns, 2de plek vir lekkers en 3de plek vir inmaak).

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Wit rangskikking – Zylia Fourie se blomme in die intermediêre afdeling en die pienk rangskikking – Maryna Brits se blomme in die intermediêre afdeling (‘n etenstafel-rangskikking met vrugte en/of groente met blomme.